Klein kook en geniet (2018 uitgawe)
Eunice van der Berg author SJA de Villiers author
Format:Paperback
Publisher:Human & Rousseau (Pty) Ltd
Published:31st Oct '18
Currently unavailable, our supplier has not provided us a restock date

n Eg Afrikaanse kookboek vir beginners van alle ouderdom. Kook & geniet se kleinsus is die perfekte wegspringplek vir beginners in die kombuis. Die gewilde kookgids vir kinders is nou terug in 'n vrolike baadjie - met dieselfde vertroude staatmaker-resepte en splinternuwe kleurfoto's. Met gunstelinge soos hamburgers, tjips, pizza en 'n verskeidenheid soetgoed. Met meer as 55 smulresepte vir jonk en oud, spesiaal uitgesoek en getoets deur Eunice van der Berg. Elke metode word stap vir stap met behulp van kleurfoto's verduidelik en leer jou: hoe om 'n resep te volg; hoe om te meet; wat kookterme beteken; hoe om kombuisgereedskap te gebruik. Klein kook & geniet is 'n mini-kursus wat jou op 'n lekker plesierige manier touwys maak in die basiese kuns van kosmaak - en as jy eers weet hoe, sal jy dieselfde metodes kan gebruik om uit enige resepteboek te kook.
ISBN: 9780798176880
Dimensions: 280mm x 215mm x 15mm
Weight: 500g
160 pages